Tuesday, April 6, 2010

OP gefees!!!

Ons het gistersaand 22h00 eers by die huis gekom na ons nog 6 uur eers ons laaste show gekyk het. Die hele naweek was heerlik!!!!

Ons het by die niceste plek gekamp van al die 16 kere wat ons al by die fees was. Onder bome, naby die tiolette maar nie op hulle nie. Altyd warm water, altyd oop storte dis was 'n FEES!! en geen jong simpel kinders wat 3 uur as hulle storm dronk terugkom almal irreteer met hulle "koekblik-doef -doef-musiek " nie. Ons het laat geslaap soggens en die laaste oggend toe word ek wakker van iets wat klink soos 'n lugballon. Na 'n ruk spring ek op en daar 40 m bo ons tent is die lugballon!!( ek sal nog die foto op sit)

Die shows wat ons gekyk het was supper cool en baie goed gewees!! AFFRI-FRANS was briljant soos een ou in die KRIT( die fees koerant) gese het....nou kan ek maar stref...so mooi was dit!

Daar was lekker komedie dramas, ek het lekker gelag en nice "one-man-shows" Ons het 8 gekyk en nou kan ek weer die jaar deur gaan op die dal.

Als was nice behalwe ek het gedog ek gaan dood!!!! EK was die hele fees moerse NAAR!! eks nou nog dit was bo en onder die hele tyd. Nie die beste fees-timing nie!!. Die een aand het ek gedink my laaste uur het aan gebreek so sleg het ek gevoel. Dis omdat ek gedihidreer het. Dis die fees waar ek die minste ooit geeet het 3 Engergades en 4 happies kos!! Fees kos het my nie gesien nie

Ek vermoed dis na al die stress en snert wat ek die laaste tyd ge-in het wat my lyf nou laat op pak......HELP!!!!

Volgende week gaan ons vir die week weg net om weer te "RECHARGE"!!!!!

1 comment:

  1. Hi Cstelle....jammer ek was so skaars die laaste paar maande.....Wil net vir jou sê dat ek uit die diepste van my hart uit jammer is dat jou of sus se IVF nie gewerk het nie. Wens ek kon iets sê of doen om die pyn weg te vat....ek dink aan jou en hubby en glo met my hele hart julle wonderwerkie is oppad.

    ReplyDelete