Friday, April 23, 2010

Laaaaaaaaaaaaannnnngggg Naweek!!

Gister het ek 'n very bad gehad!!!! Ek was na aan moord!!!! dankie tog vandag is 'n nuwe dag.

En Luv het Maandag ook af, so dis 'n heerlike lang naweek!!! Ons het besluit om na my ma-hulle op die plaas te gaan ek het met 'n skok agter gekom dat ek die jaar nog nie daar was vir 'n naweek nie. Het al vinnig oor geslaap vir een aand, maar dis dit. Omdat ek so baie met my familie praat voel dit of ek hulle baie sien en dan kom ek dit nie agter nie.

Ek sien nogal baie uit!! want 'n gewone naweek is te kort om al te doen.

...en die beste van als Suro-sus hulle kom ook, JIPPPPEEEEE!!!!! ek verlang my dood na haar kids. Ek wil hulle net vas hou ...ek moet ongelukkig nou met Ouma ook kompeteer, gelukkig hou ek van kompetisie!!!

Ek het Dinsdag met my finale aanslag op 'n dieet begin en dit gaan bo-wonders goed!! het nog absoluut NIKS ( ja ek kan dit self nie glo) gekroek nie!! en ek het al af geval.

Ek gaan nou vir 2maand als gee, ek moet van 10 winters terug se vet probeer afskud!
So hou duim vas.

Lekker naweek hou almal ... sien julle Woensdag weer!

1 comment:

  1. Baie sterkte bet die dieet. Hoop dit gaan sommer baie goed afgaan, en dat jy alles kan maklik afskud. Geniet die laaaaaannnnnnggggg naweek!

    ReplyDelete