Monday, January 18, 2010

Tranerige EKKE!!!

Jislaaik maar vandag was 'n erg dag gewees. Ek was so hormonal, emosioneel, tjankerig en van my trollie af. Ek dink dis als wat nou gebeur op mekaar. Ek kon nie meer wag nie en het die suster gebel wat soooo besig was. Als is nou uit gesort en sodra ons die deposito betaal stuur hulle die medikasie so dankiie tog dis uit gesort!!

Verder het ons vandag 'n nuwe kar gekry ... en ek weet die meeste mense sal deur die dak gaan , maar nee ek tjank daaroor. Ek gaan my ou karretjie sooo mis ek huil al die afgelope maand. En vandag toe ons die nuwe een by die garage gaan haal wou ek crack. Ons sit by die verkoopsman en ek sukkel om die trane te beheer. Dis eintlik skreeu snaaks!! en die grap van als is die Kar wwaroor ek huil .....

DIS 'N UNO!!! seker die kleinste karretjie maar ek ry al 10 jaar met hulle en dis of dit die einde van 'n era is.

Enige iemand anders sou uit hulle velle gespring het oor 'n nuwe groter, luukse kar maar ek huil oor my Uno

My hart is so seer.

2 comments:

  1. Lieve vriendin Cstelle!
    Hoe ontroerend, ware! Laat mij je een beetje troosten, toekomstig Mamaatje. In de nieuwe auto zullen jullie een kinderzitje installeren!
    Baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Dankie Nadja!! vir die vertroosting!! Die nuwe kar ry baie lekker maar my hart was maar seer oor die Uno.

    Lekker dag vir jou ook!!
    Cstelle

    ReplyDelete