Sunday, January 31, 2010

Nee...en ...Ja

NEE, die KI het nie gewerk nie, so my laaste kans om 'n hele paar duisend te spaar is "down the drain" Jislaaik eks sommer af gepiss!! Maar nou ja gelukkig al gewoond hier aan.

JA ons het vandag dan ook begin met die lang styl pad van SUROGASIE. Eks so donners bang hier voor eks glad nie eers opgewonde nie en dis eintlik omdat ek so donners bang is. Want as ek deur al die grab moet gaan en dit werk weer nie, is my planne OP...

...dan weet ek nie wat ek daarna gaan doen nie. Ek moet altyd 'n ander plan in plek he, dis al wat my laat aan-gaan -en-aan-gaannnnnnnnnnnnnnnnn.

Suro sus het haar medikasie donderdag gekry en ek het die volgende sms gekry." MOET MY NIE DIE VOLGENDE MAAND BEL NIE EK LE MET 'N ASYNLAP OP MY KOP NA EK DIE KLOMP INSPUITINGS GEKRY HET....IS HULLE MAL"

Sy se die suster se dat baie mense kop uit trek as hulle al die stuff sien, ek dink ek sou beslis ook.


So Suro sus het vanoggend haar 1 ste Lucrin inspuiting gehad en volgens die tawwe-tiennie was dit glad nie so erg nie. Ons sal maar moet sien hier na die 50ste 1 of sy nog so voel!!

2 comments: