Wednesday, January 20, 2010

Gister het als goed gegaan.

Gister het ons toe weer vir die hoeveelste KI gegaan. Na ek deur my argiewe van al ewige gesukkel gegaan het het ek gesien dat die KI wat gewerk het op Dag 16 en 18 gedoen is wat eintlik baie laat is maar dis wat gewerk het. Omdat my siklus weer eens op die Sondag geval het, het ek vir die dokter ge se Maandag is dag 13 ( wat eintlik dag 14 is) ek het nie juis iets om te verloor nie maar nou wel , die dokter skuif dit toe na dag 14 wat dag 15 is.

Gister toe ons nou daar aankom met die sperm-monster doen die dokter die sonar en daar 3 eiers wat nog nie vry gestel is nie. So dit bevestig net my vermoede em ovuleer eintlik baie later. So ons sal moet sien wat die keer ge beur!!

Ek hoop regtig dis dit...want dit gaan ons duisende rande spaar!!!! So hou duim vas.

No comments:

Post a Comment