Saturday, January 23, 2010

Moeg geswoeg.

Die naweek is een van die 1stes in 'n langtyd dat ons by die huis bly en ook net omdat ons lysie al hoe langer geraak het met goed wat gedoen moet word..in en rondom die huis. SO van gister aand het ons nog net gewerk. Dis simpel goed , maar ek glo mos as mens nie die goed dadelik doen nie word niks gedoen nie.

Die grootste werk was om 'n watertenk op te sit. Aangesien dit nou droogte is by ons en daar nie meer veel water oor is nie, is dit 'n MOET!! My tuin is daar niks van mee oor nie en dis hart verskeurend, want 2 jaar terug was daar 'n oggend troue in my tuin, kan jy glo!! Nou is daar 'n ronde nul oor. Tragies!!!!

Die tenk op sit was toe makliker as wat ons gedink het, ons like van DIY so ons het hom oor die bure se muur getel, let wel ons 2 en hom gerol tot op sy plek. Liewe Luv het die geute geskuif en die afloop tot in die tenk laat val. Hy het my baie verbaas want dis vreeslik netjies!!!

Nou het ons gestort en gaan le en niks doen nie en dan "Sisters Keeper" DVD kyk. So bring -on-the-tears!!!

No comments:

Post a Comment