Monday, January 18, 2010

Kom!!!!! Bel nou!!!

Ek freak uit!! Ek wag nou dat die suster my bel en ek hoor niks. Ek weet daar is baie soos ek wat besig is, maar as jy mos iets wil weet moet dit nou gebeur..DADELIK!!!

Dit seker omdat ek so bang is ons mis 'n siklus, want my suro-sus moet nou voor my begin spuit om haar siklus te stop en vir my wag en nou moet die suster my bel sodat ek die medikasie kan kry maar dit voel vir my as ek bel vergeet almal om terug te kom of hulle is net mis in action!
Dit voel klaar of niks uit reg uit werk met als wat ek aan pak nie. Soos simpel voorbeeld ek koop 'n Poker spel en kry nie Black Jack matjie daar in....Whats the odds???

So sy beter bel of eks vanmiddag op haar Case....

Verder moet ek bieg...ek gaan more vir 'n KI sommmer by my gewone Gyni. Dalk is dit Fools paradise maar dalk werk dit en dan hoef ek nie deur die hele ding te gaan van IVF-SURO nie en dis gaan ons nie 'n magdom geld kos nie.

So may be , may be not!!!!

No comments:

Post a Comment