Friday, January 8, 2010

Papier werk..

Gister het die suster by die kliniek my gebel oor die suro-program. Sy het als verduidelik en als deur gemail wat gedoen moet word voor ons begin en al die kontrakte wat geteken moet word. So vandag is ek net besig met al die goed om als gereel te kry.

Ons moet ook almal vir 'n sielkundige evaluasie gaan. Gelukkig gaan ons die naweek by sussie se kinders babysit so ons is daar en die sielkundige kan ons sien Saterdag.

Dit voel nogal snaaks om vir die eerste keer in my lewe na 'n sielkundige toe moet gaan ek weet nie juis wat om te verwag nie.

En Maandag sien ek 'n dieetkundige ek eks so opgewonde net om by iemand uit te kom wat weet wat aan gang is so ek kan nie wag met my "new me programe" for 2010

Ons moet ook almal gaan vir bloedtoetse ens..moet se ek voel baie soos 'n rot wat op 'n medical-trail is.

1 comment:

  1. Dag Cstelle,
    Weer eens met veel genoegen gelezen wat je schrijft, heb echt mijn pret aan je Taal!
    Ik wens je van harte succes. Klik eens op ‘Pic of the Week’ in mijn Blog: Never give up! Het zal je bevallen (dubbele betekenis: aanstaan en 'n kind ter wêreld bring)!!!!
    Heel veel liefs,
    Je vriendin,
    Nadja
    <3

    ReplyDelete