Wednesday, January 20, 2010

2 Jaar!

Vandag 2 jaar terug het ek my 2ling seuntjies verloor en my hart is vrek seer. Ek dink dis ook hoekom ek so emosioneel is die laaste tyd. Ek dink nie mens vergeet ooit so iets nie. En veral hoe dit gebeur het.

Vandag voel ek so leeg, so niks en wens ek so dit kon anders gewees het. Ek wens ek kon nou met my seuntjies speel het en nie besig gewees het met nuwe planne oor wat om volgende te doen oor hoe om 'n baba te kry nie. Ek wens my lewe kon ook net aan gegaan met gewone goed en nie die AAKLIGE WOORD

INFERTILITEIT NIE!!!

Ek wens ek was in 'n lewe sonder daaglikse trane en verdriet oor dit wat my hart so begeer...

Ek dink vandag aan 2 seuntjies wat ek nooit in my eie arms kon vas hou nie, wat ek nooit hoor huil of lag het nie. 2 Seuntjies wat nooit die woord MAMMA gese het nie. 2 Seuntjies wat ek so lief het !!!!

Ek mis julle so verskriklik vreeslik baie!!

2 comments:

  1. Sjoe ek weet presies hoe jy voel. Ek het my tweeling seuntjies ook verloor op die 29st November en dit is nog so vars in my gedagtes. Die gemis sal nooit beter word nie en mens wonder altyd hoe dit sou wees. Dink aan jou en weet dat jy in my gebede is. Sterkte. Karin

    ReplyDelete
  2. Dankie Karen!!! Ek dink nie mens vergeet dit ooit nie, en die ergste is die pad raak so lank!!

    Ek dink aan jou ook , sterkte!! my hart bloei vir jou!
    xxx

    ReplyDelete