Thursday, January 28, 2010

Gewig..Huhhh!1

Na ek nou so 2 weke terug by die dieetkundige was , sit ek nou en wonder gaan dit werk of gaan dit nie???? Eks al so gatvol, piss-off en depro oor niks werk nie. Ek wil so graag 'n paar kilo's af wees voor die IVF ( dis 'n woord wat my baie aan 'n horrer movie laat dink) en om daar deur te gaan voel soos 'n hoof-actress play!! en die gelukkige een wat die hoofrol speel is die uwe EK EN JY WAT NIE DIE ROL wil Hê NIE!!!

Ek dink ek voel of ek cmeters af is ,maar ek het ook so 'n groot verbeelding. Eks so 2kg af maar sal eers begin dink dit werk as ek by 5kg verby is.

Ek eet soos die vrou gesê het ( is nou al bietjie verveeld maar ek wil) en ek swoeg!! Ek draf, dis nou eintlik stap draf , maar draf klink mos net meer sportief en ek ry fiets.( dis nou as die weer dit toe laat) en eks elke keer baie bly as ek die sms kry slaap maar aan ons gaan nie ry nie!!

Ek dink daaraan om my weer in te skryf vir iets , want dis al wat my laat oefen. Ek oefen eintlik net om my KOP skoon te kry, WANT HY IS PROP VOL WOL!!!

Vandag voel ek naar ook!! My suro-sus kry haar medikasie vandag , want sy moet Sondag begin en ek dink eks op die begin-pad-van-FREAK!!!!!!!!!!!!

No comments:

Post a Comment