Monday, January 25, 2010

Seer?? ja dit gaan.

My Suro-sus moet volgende Maandag begin spuit. Nou wil sy by my weet of die inspuitings seer gaan wees. Ja dit gaan seer wees, of laat ek se nie so seer, seer as later ongemaklik. Als gaan voel soos bloukolle en jy gaan later nie meer weet waar om te spuit nie.

Dis hoekom ek 100de male vra is jy seker jy wil dit doen , want dis of ek wil skree jys stapelgek, mal soos 'n haas, crazy as can be!! Wie wil dit aan homself doen??? en dan dink ek "ja jy sou sonder om te dink presies dieselfde gedoen het" al was dit hoe erg!!

Wat dit vir my bietjie makliker maak is dat ek die vorige kere ook maande lank elke dag gespuit het en was al daar deur. Want as sy so baie gespuit het en ek het nog nooit nie sou ek dit nie gemaak het nie. Dit voel of iemand anders jou marteling vir jou oor vat.

Ek is weer in my eie wereld, ek wil net slaap en ek weet dis omdat ek wil weg kom uit die rialiteit.

No comments:

Post a Comment