Thursday, October 1, 2009

Sal jy ooit verstaan hoe dinge werk??

Vandag dink ek weer hoe verskriklik dit is as dinge nie vir jou uit werk nie, en jy sal nooit verstaan hoekom nie.

'n Vriendin van my wat ook al 6 jaar sukkel om swanger te raak en wat ook maar moet spaar om die ongelooflike duur onkoste van infertiliteit behandelings te betaal, het nou gegaan vir ICSI. Hulle was so op gewonde als het so goed gelyk en Maandag het hulle 3 embrios terug geplaas.

En 2 dae daarna word sy gisteraand 19h00 in die hospitaal op geneem met Guillainbarre- Sindroom. Dis 'n agresiewe virus wat jou sinuwees aanval. Sy lê op die oomblik in ICU en dit lyk nie so goed nie.

So haar hoop op die swangerskap is verby hulle probeer haar net red. My hart bloei vir haar!!! Wat sê jy vir so iemand en haar familie??

Sterkte!!! xxx

No comments:

Post a Comment