Friday, October 16, 2009

Rivier met wyn hier kom ek!!

Dankie tog dis Vrydag. Ons is oppad "River-on wine" fees op Robertson toe. Ek sien net uit om tussen BAIE vreemde mense te wees wat lag en die lewe geniet. Ek dink dis wat ek op die oomblik nodig het.

Eks nou op dag 8 na die KI en ek weet ek moenie nie, maar ek het vanoggend 'n "pregnacy test" gedoen. Jy weet sodat ek nou nie weer so al poepol by 'n wynfees sit en nie kan drink nie , want miskein is ek swanger net om die vlg dag te sien NEE JY IS NIE!!! Dit het al gebeur, Dan dink ek gewoontlik as ek dit geweet het het ek al my sorge verdrink!!

So ek vanoggend die toets gedoen ek weet dis nog te vroeg en JA dis negatief. Eks fine , want ek weet dis te vroeg en ek weet die naweek gaan moerse moeilik wees vir my, dit is maar in my agterkop. DIE HELE TYD!!!!!

So gaan ek ietsie proe of gaan en vir almal kyk, tenminste gebeur daar dan iets om my aandag af te trek!

FEES EKS OPPAD!!!

No comments:

Post a Comment