Wednesday, October 7, 2009

Daars 3!

Was vanoggend by die Dr. en toe ek instap sê, ja daars seker niks wat ek jou mee kan vertel nie. Jy weet al als. En ek sê weet jy wat elke keer maak ek of dit my 1ste keer is want elke keer wens ek jy kan vir my iets sê "soos het jy jou Milo 13 min oor 1 gedrink en ek wil vra WAT!!!! is dit wat ek elke keer vergeet en dit die geheim om 'n baba te kry.

MAAR NEE niemand weet meer wat om vir my te sê nie en toe hy sê as ek swanger raak sal hy weer met my Infertiliteits dr.s praat ( hulle weet presies wie ek is en ken my geval so goed) toe begin ek amper tjank want dit voel of almal al van my weet en my jammer kry, SHAME!!!! ek kry myself jammer.Dis of die dokters bang is as ek in kom, want hulle weet nie meer wat kan fout wees nie en hoekom niks wil werk nie. Ek raak met 'n moerse gesukkel swanger net om dit elke keer te verloor.

Vandag was ook die 1ste keer in 8 jaar wat hulle gesê ons sal my ouderdom moet begin dop hou.
EN begin dink aan 'n surogaat??

Elke geval toe ons by die sonar kom is daar 3 eiers, dankie tog en my liningis reg. So ek het die Okay!!!

More gaan ek weer George toe en 11uur gaan hulle die KI doen. Ek op gewonde en bang en is besig om te dood van die sinus "just to top it up"

Hou julle duime!!!

xxx

No comments:

Post a Comment