Monday, October 26, 2009

Ek sit nou weer uit.

Eks piss-off oor dit weer nie so is nie en die ergste is ek huil nie eers meer daar oor nie, somtyds pla dit my. Het ek dan nie meer gevoelens nie??????

Die maand kan ons nie gaan nie, die tyd wat ek moet gaan het ons iets aan wat nie kan skuif nie so dalk vlg maand weer.

Die naweek was sussie se 2de se doop ek het gedink al die kids gaan my pla veral omdat dit nou weer nie so is nie- maar wonder bo wonder ek ek so 'n nice naweek gehad. Ek kon die kinders bad , met hulle speel hulle vashou en ek is MAL daaroor. EK is mal verlief op hulle!!!!!

Al wat my om gekrap het was een van my ma se vriendinne wat na my toe kom en sê jy moet nie moed op gee nie hou aan en ek dink ,ja jou fokker maklik om te sê hou aan moet nie moed op gee!! Jy wat met depressie sit oor stront ( jy moet mos trek en na jou kleinkinders kyk) en ek wonder waar sou jy gesit het as jy ek was so SHUT-UP!!!

Ek moet nog die dokter bel en sê dit het nie gewerk nie en ek kan nie...

1 comment:

  1. Ek is baie jammer dat dit nie gewerk het nie Cstelle. Ek het geen antwoorde of slim woorde nie....ek weet net dit flippen suck big time!!

    ReplyDelete