Monday, October 19, 2009

Lyk soos 'n NEE, agge nee

Die naweek was regtig baie nice vir my gewees. rustig en lekker om vreemdes te sien. Dit het beslis my brein laat vergeet van Vrydag se vroee - en ek het nogal so half vergeet van die 2ww. Ja, ek jok so 'n bietjie hoe vergeet jy nou regtig van dit. Eintlik wil ek mal raak!!.

So vanoggend doen ek toe 'n POAS en dis so 'n solid -, ek kan gil!!!!!!!!!!!!!!! en tipies ek dink ek dalk is dit te vroeg........bevrugting het dalk later plaas gevind as gewoontlik..... ander mense kry ook - en dan is dit eintlik +. Dis dalk net seker vroulik om nog steeds te bly HOOP en GLO.

Daar was al tye dat ek my periods gehad en nog steeds geglo dalk net dalk is daar 'n wonderwerk in my aan die groei. Om te sukkel condem beslis jou brein ek dink dat ek LANKAL nie meer reg dink nie. Eks op my eie wolk, shame en ek kry myself baie jammer.

So op die oomblik het nog 'n IUI met wonderlike, fantastiese vooruitsigte in niks op geeindig nie.

...maar miskien dalk nog is daar 'n kans wat omtrent nul is ,en ek bly HOOP!!!!! eks op dag 25...

No comments:

Post a Comment