Monday, October 5, 2009

Kekkel...kekkel...kekkel

Dit het begin ek raak opgewonde, ek is bang, eks senuweeagtig en wil heeldag tjank!!!!

Ek dink ek het nou weer so lank gewag dat en ek nou my opgewondenheid nie kan in toom hou nie ,ek wil 'n baba hê met my hele hart. EN die week is weer 'n nuwe , ou begin van dit wat my lewe nou al amper 9 jaar oorheers. Ek wens so dit kan werk, op die maklike manier sonder om 'n IVF of GIFT te doen. Want KI is net makliker, goedkoper en baie minder emosioneel.

Nou voel ek soos 'n hoender hen,want ek het eiers in my en ek wonder elke sekonde hoeveel??
1???? 2 ??? 3??? of meer. Ek hoop die beste eier sit ook tussen daai span. Verder is daar altyd die sê-nou-maar daar 0 eiers ..sê nou maar my lining is nie reg nie... sê -nou-maar..... FOk!! sê nou maar se gat ek wil hê dit moet net 'n slag als uit werk soos dit sonder nonsens!!

Kom aan eiers moet my nie teleurstel nie. Julle is my toekoms!!!

1 comment:

  1. Baie sterkte Cstelle - ek hoop regtig egtig egtig dis sommer 'n vinnige enetjie die en jy kry jou BFP!!!

    ReplyDelete