Monday, November 9, 2009

Eks op ge-KAAP!!

Ek was nou vir 'n week in die Kaap. Liewe LUV het eksamen geskryf en deur gekom ek uit my vel uit spring vir sy part . Ek weet hoe graag hy nou wil klaar maak en ek ook want om saans myself STIL te moet besig hou is 'n marteling!! Gelukkig is daar nog net 1 vak oor.

Na die week was ek seker by elke kersmark , mall, winkel ek WEET NOU PRESIES wat in elke winkel is, en nou is dit heerlik om net weer by my eie huis te wees. Hoe wel dit deur mekaar is ,is dit so nice.

Ek het ook weer vandag begin bomme verkoop van die huis af en dan is dit elke 5 min mense so ek kry nie juis veel gedoen nie maar ek like dit.

Eks ook op gespeel met my sussie se kids EKS MAL OOR HULLE EKS SO LIEF VIR HULLE!!!!
Dit was so lekker om doeke om te ruil, te bad, bottel te gee en net te speel. Ek mis die 2kies al klaar so baie!!!!

No comments:

Post a Comment