Wednesday, May 5, 2010

Dokters...dokters gaan ek ooit ontslae raak van hulle


Ek het sopas weer vir my liewe dokter S gemail.( Moet se jy weet jy is te lank op 'n plek ,as jy die dokter se persoonlike nommer op jou selfoon het en uit die teater vir mekaar sms) Sodat ons plan weer uit gewerk kan word. Ek kan dit eintlik self uit werk.
En kan jy glo elke keer het ek weer vrae, die keer sin is gaan kyk in my file, wat 3 mense nou al moet dra, en kyk of ons al vir als getoets het onder son. Dalk kyk ons iets mis.
So nou wag ek vir die antwoord!! Ek kan nie glo ek gaan nou weer nie, gelukkig is Suro-sus by en JA, naamloos sy is 'n ENGEL!!
Ek dink ek het nou finaal besluit ek gaan nie op hou tot ek 40 is nie, daar is nog 4 vrugbare jare oor of so hoop ek. Dalk is ek net 'n Late-bloomer?? wie weet!

Monday, May 3, 2010

Wanneer kom die reen???

Ons het nou al 'n jaar lank droogte en die reen wil net nie kom nie. Die ergste is om te sien hoe alles stadig maar seker dood gaan... My tuin was my stokperdjie, eks mal oor tuin maak en my tuin was altyd so mooi, maar nou haal ek elke maand net nog bome uit wat gevrek het. Tot die bome wat ek geplant het vir my babas het ook gevrek ( dis nogal hartseer).

Ek kon ure buite wees maar die laaste jaar gaan ek nie eers meer uit of stap in my tuin nie want alles lyk aaklig. Ek het ook besluit om nie weer te begin tuin maak tot die droogte nie gebreek is nie, en die damme nie oorloop nie.

Maar laasweek kon nie meer nie en nou het ek 'n paar potte wat ek vol kruie en pancy's geplant het. Eks so trots daar op!!! Ek gaan as dit weer reen maar van vooraf my tuin moet oor doen, en ek sien uit, ietsie nuuts!!

Die laaste week bly ek siekerig en dit sit mens terug want ek het nie krag om iets te doen nie, maar ek het 'n opgewondenheid in my, dis of ek als wil doen. Ek wil my sitkamer oor verf en ons kamer ( besluit nog oor die kleur) en ek begin uitsien na my vlg IVF ( kan jy glo, 2 maande terug se blou merke op my maag is nog nie eers heeltemal weg nie , maar ek kan nie wag nie!!

Aan houer wen!!!

Friday, April 30, 2010

Die aarde word behandel deur "Evil mense"

Liewe Luv het ‘n brief gister in die pos gekry by sy werk:
Die brief is van ‘n naamlose pateet (ja jy lees reg, naamloos dit se mos als van die persoon). Dit lees as volg:

Cstelle
Jy se dat jy al alles probeer het om swanger te raak, maar ek wil voorstel dat voordat jy nog iets probeer jy eers na jou hart gaan kyk. Met jou kennis van kenisiologie behoort jy te weet wat die uitwerking van soveel haat en bitterheid op jou gestel kan he. Ek kan nie dink hoe ‘n nuwe lewe in ‘n lyf kan groei wat so deurtrek is van negatiewe emosies en gevoelens nie.
Ons is nog nie in die hemel waar almal en alles volmaak is nie- hier op aarde het ons te make met mense en almal het foute. (Ook jou engel suster!!!) Niemand het net sleg in hom nie almal het goed ook. Ons moet net fokus op die goed en dan sien mens al meer en meer die goeie raak. Ongelukkig is die teenoorgesteld ook waar- hoe meer jy fokus op die foute hoe meer foute sien jy raak.
Ek stel voor dat jy omdraai op die pad wat jy gestap het en aangaan by die mense wat by jou soveel negatiewe emosies laat ontstaan het, gee hulle ‘n kans om hulself te verduidelik, miskien om verskoning te vra of wat ook al, suiwer die lug. Belangriker nog suiwer jou van al die bitterheid en verander jou gesindheid! As jy nie op jou eie kan regkry nie VRA VIR PROFESSIONELE HULP!!!


Nou ja dis nou die brief, dis ‘n baie onsamehangende brief( eintlik ‘n spul crap) van iemand wat
duidelik ‘n lewe het waarin sy niemand niks gun nie, want om soveel lelike goed te se, sommer ook van my engel suster te praat ( foeitog jy is seker jaloers oor jy nie ‘n suster het, wat nog te se iets nice vir jou sal doen soos ‘n suro, geen vriende en ‘n horrible eensame lewe) Ek kan net se Sterkte.

As daar nou een iets is wat my ‘n kramp gee is dit ‘n naamlose brief ( dis baie soos standard 2 kinders)
Want as jy jou mening wil lig, of iets wil se, doen dit, maar ‘n naamlose brief sit jou in ‘n klas van ‘n volslae, ruggraatlose PATEET!!! Wat seker nou nog wegkruip agter jou ma se rokspante!

Ja, al my IF susters dis mense soos DIE wat daar buite rond wandel, shame… Wat sy eintlik wil se is: julle wat so lank sukkel om swanger te raak, dis julle eie skuld want julle is vol haat en negatiewe emosies.

Kom ons wag en sien wanneer NAAMLOSE PATEET haar naam gaan bekend maak!!! Ek kan nie wag nie!

Thursday, April 29, 2010

Hoekom doen jy dit aan jouself???

Baie keer wonder ek oor baie dinge, eintlik wonder ek oor als. Hoekom so, hoekom dat bla bla bla bla.......!

Ek wonder baie keer tot waar iemand sal gaan om 'n baie te kry. Wat gaan jy op offer om jou droom te laat waar word. Na ek vanoggend 'n mail gelees het van 'n vriendin, dink ek net weer daaroor.

Geld speel 'n enorme rol in die IF- wereld, seker die grootste, want behandeling van enige aard is SO VREESLIK DUUR. Hoewel die meeste mense moan oor Clomid, dan dink ek altyd as jy oor die prys van Clomid moan hoop ek regtig dit werk vir jou, want anders gaan jy 'n hartaanval kry as jy verder moet gaan.

En as mens hoor ,partykeer waar mense gaan hulp soek, dan kry ek hulle eintlik jammer , want jy gaan rond getos word!! Ek glo gaan die die regte dokters om jou te help al is dit net met 'n konsultasie en raad, want dan weet jy wats fout en as jy dan na 'n ander plek gaan vir hulp gaan jy weet as hulle jou bullshit.

Party het 'n skottel, grand kar, label klere en moan dan ,want behandeling is te duur...WEEREENS WAT IS JY BEREID OM OP TE OFFER????

Jy wil nie vir 'n konsultasie gaan van R600 nie maar jy het sopas vir jou NIKE tekkies gekoop van R1500 en jy doen nie eers sport nie...I don't understand!!!

Ek glo kyk waar jy geld kan spaar en gebruik dit vir die regte raad , want anders gaan jy die vrugte pluk, en lang trane huil. En as jy eers by 'n dokter uit kom wat werk vir geld en nie die liefde nie.....hy gaan jou skrew!!!!!

Wednesday, April 28, 2010

Agge nee is dit weer week???

Jislaaik die naweek was so nice, en so lank en dit was so lekker net om op die plaas te kon rond loop en rond sit. Die lekkerste was natuurlik om aan al die kinder-lyfies te kon vat, ronddra en soen. Eks mal daaroor. Kan nie glo op 3 kan jy al groot mense so rond order nie!!! en die ergste ons laat dit toe....stupid!!

Ek het mos laas week begin met my dieet en dis was regtig baie moeilik oor die naweek, by my huis is dit nog fine ek maak die kos maar by ander mense is dit chaos...maar ek was sterk en vir die 1ste keer in my lewe was ek nogal TROTS!!!! vir al die versoekings!!! het ek NEE gese en toe ek vanoggend die skaal betree...

DRUMROLL!!! eks 1kg af, JIPEEE!!! so die week doen ek dieselfde want die kg moet nou af!

'n Vriendin wat 10 jaar sukkel moet vanoggend toets na haar IVF, ek hou alle duime vas!!!

Friday, April 23, 2010

Laaaaaaaaaaaaannnnngggg Naweek!!

Gister het ek 'n very bad gehad!!!! Ek was na aan moord!!!! dankie tog vandag is 'n nuwe dag.

En Luv het Maandag ook af, so dis 'n heerlike lang naweek!!! Ons het besluit om na my ma-hulle op die plaas te gaan ek het met 'n skok agter gekom dat ek die jaar nog nie daar was vir 'n naweek nie. Het al vinnig oor geslaap vir een aand, maar dis dit. Omdat ek so baie met my familie praat voel dit of ek hulle baie sien en dan kom ek dit nie agter nie.

Ek sien nogal baie uit!! want 'n gewone naweek is te kort om al te doen.

...en die beste van als Suro-sus hulle kom ook, JIPPPPEEEEE!!!!! ek verlang my dood na haar kids. Ek wil hulle net vas hou ...ek moet ongelukkig nou met Ouma ook kompeteer, gelukkig hou ek van kompetisie!!!

Ek het Dinsdag met my finale aanslag op 'n dieet begin en dit gaan bo-wonders goed!! het nog absoluut NIKS ( ja ek kan dit self nie glo) gekroek nie!! en ek het al af geval.

Ek gaan nou vir 2maand als gee, ek moet van 10 winters terug se vet probeer afskud!
So hou duim vas.

Lekker naweek hou almal ... sien julle Woensdag weer!

Wednesday, April 21, 2010

Mislike "SKOONFAMILIE"

'n Vriendin van my mail gister vir my en vertel die volgende sy is ook 'n IF. Hulle sit om die etenstafel en haar skoonpa en ma het hulle videokamera geleen vir die broer omdat die nou 'n baba het van 3 maande.

Die skoonpa se toe onthou die kamera is vir almal om te leen, waarop die skoonma die volgende se: "Nou wat wil julle af neem??? Julle hondjie!!!!!""

Ek dink dit is aaklige, vieslik, onaanvaarbaar!!! Weet mense nie hoe seer maak hulle jou met sulke se-goed nie. Jy wat jou skoondogter moet ondersteun wat jare sukkel maak sulke SNOT opmerkings!

Ek het self 'n drol vir 'n skoonma!! Sy kom nooit by ons aan nie, want sy het die volgende gese 'n hele paar jaar terug ,voor mense. Sy sal eers by ons kom kuier as ons die dag kinders het!!! Kan iemand wat haarself 'n ma noem so iets se!!! Ja, my horrible skoonma!!! Daai dag het ek alle respek vir haar verloor en met die jare is ek nou op 'n staduim in my lewe waar ek vir daai simpel vrou niks tyd oor het nie!!!! Ek dink absoluut NIks, Zilts van haar nie. Sy is nie die naam MA nie werd nie!!!

Sy ry na haar patetiese dogterjie( in die veertig kan nie sonder mamma iets doen nie) toe gereeld want SY HET KINDERS!!! Sy ry 400km soontoe en ry by ons huis verby, maar kan nie die 900m ( ja, jy lees reg!) indraai om by haar seun te stop nie, want sy is haastig!! na sussie toe of as sy terug kom wil sy by die huis kom.

DIE PATATIESE MA KAN NIE STOP NIE WANT HAAR SEUN HET NIE KINDERS NIE!!!!

Ek wonder net as jy eendag oud is en eensaam in jou outehuis kamertjie sit...verwag sy seker nie jou seun moet moeite met jou doen nie!! Dalk is hy dan haastig!!

So vir elkeen van julle wat mense seer maak met die #$%$#% wat uit hulle monde kom...sterkte!! ek dink dis tyd dat ons nie meer op ons laat trap nie. Ignoreer hulle , moet nie meer by hulle kom nie, of geen hulle van hulle eie medisyne!!