Wednesday, March 10, 2010

Wat 'n deur mekaar dag!

Vandag was my senuwees op wag tot 11 uur en toe is almal besig , kom eers half 1 deur na die suster en toe is ek al uit gefreakkkkkkkkkkkk!! Weet hulle nie hoe mens voel nie , jy kan nie wag nie. Elk geval die suster se toe daar is nou 3 oor. EEEEEEEEkkkkk come on embies!!

Maar die lab kyk nog eers of hulle dag 3 gaan terug plaas. Hulle sal my later bel.. EK voel of ek wil uit pass van stres. Na 'n uur besluit , fok dit ons betaal nie verniet 'n klomp geld nie ek bel nou.

Toe ontvangs optel en sy hoor dis ek, se sy ek sien jy is more op teater. Wattt en ek wag!! Elk geval so more half 1 meld ons aan en 1 uur gaan suro-sus in.

Dis toe dat my lewe oor gaan in over drive om als te pak reg te kry sodat ons kan terug jaag Kaap toe.

My senuwees is op dit voel of niks werk nie...seker maar die stress!!

Dink aan my ek het dit so NODIG!!!!

Tuesday, March 9, 2010

4 !!!

Het sopas met die suster aan diens gepraat en 4 van die 6 het bevrug! !! Eks so bly want om te bel is die aakligste,, jy is so bang hulle se niks het bevrug nie!! So more sal ons weer verder hoor eks nogal verlig!!

Eks bietjie seer en nog geswel en voel swak seker na die bloed verloor maar na my middag slapie sal ek weer hankie dorie wees!!

Suro-sus het die 2de Gestone agter die blad en haar gat is seer en blou en nou wil sy weet of ek dink sy gaan soos daai "blou-poepol-ape" lyk as sy klaar is. Sy het my aanbod van die aambei kussing van die hand gewys, hahhaahhaha.

My vriendin wat kanker het is toe gisteraand oorlede !! Ek kry haar familie uit my hart uit jammer en dink vreeslik aan hulle. Eks bly sy is verlos uit haar leiding wat so swaar was. Sy het so dapper probeer veg...en nooit gekla nie. JY WAS EEN VAN DIE AMAZINGSTE MENSE WAT EK KEN. Mense kan net leer by jou.


xxxx

Monday, March 8, 2010

Half dosyn eiers !

ER was vanoggend 8 uur en ons het 6 eiers!!!!!

Die naweek se troue was baie lekker en het beslis my aandag van die hele IVF af getrek ek was net tot die dood toe moeg. Saterdag was ons op na die troue en toe moes ons wakker bly tot 11 uur die aand vir my laaste inspuiting( ons was te bang ons verslaap, sal dit nou nie 'n geneuk wees nie) Toe gaan drink ons koffie by van die ander wat by die troue was en 11 uur toe my alarm af gaan meng en spuit Liewe Luv my. Hys baie trots want die mense waar ons gaan koffie drink het by was 2 Gynea's, 2 Narkotiseurs, Pediator en GP en hy het my gespuit!! Cool vir Dr. LUV!!

Oppad terug het ons 2 gaan fliek baie nice!! En vanoggend dou voor hoender kraai was ons weer oppad kliniek toe. Ek was so fine, somtyds voel dit soos my 2de huis , jy ken van die ontvangs, lab, narkotiseur tot tee-dames.

Lekker gechat tot ek op daai teater bed klim tot is ek so emosioneel!!!! en tot my dokter inkom toe bars ek uit in trane....WANT EKS GATVOL OM ELKE KEER TERUG TE WEES. Ek wil nie hier wees nie!!!!

Toe ek weer by kom vra almal hoekom bloei jy so het jy iets gedrink??? NEEE!!! want tydens die operasie het ek vreeslik begin bloei.

Hulle het 6 eiers gekry so more na 11 bel ek om te hoor hoeveel het bevrug !! Hou maar duim vas dat almal vat.

So toe hou ek nie weer op om te bloei nie...very bad memories...
Eks deur 3 pads terwyl ek nog by die kliniek was en oppad het ek geslaap en die volgende oomblik skrik ek wakker want ALS IS ONDER BLOED!! MY klere, die matras agter in die kar en dit loop net uit. Ons moes 2keer langs die pad stop en Liewe Luv moes nog pads by Caledon koop.

Ek het ge freak!! Gelukkig het dit nou gestop!!! Eks nogal geswel en baie seer , maar dis seker "part of the deal"

Suro-sus het vanoggend begin met haar Gestone inspuitings, ek kan net se sterkte as dit werk le daar nog 54 voor.

Friday, March 5, 2010

ER is Maandag!!

Kom nou net van die kliniek af ! Laaste scan wys daars 4 nice groot eiers so sal maar maandag moet sien hoeveel hulle kry. Toe ek 27 was en ek was vir my 1ste IVF het ek klompe eiers gehad maar nou kan ek sien op 36 is daar nie meer so baie eiers nie. Wys jou ek sal maar my kanse moet gebruik van nou af.

Maandag oggend moet ek 7uur daar wees en dan gaan ek teater toe. Ons goed het so lekker uit gewerk so ons is nou oppad see toe vir die troue.....LEKKKEERRRRR!!

Die dokter het gese omdat ek met daai Anti Stolings probleem sit , en die herhaalde miskrame mee sukkel. Is erg omdat hulle nie regtig al antwoorde daar voor het nie, dis iets wat in die toekoms eers antwoorde sal lewer. Ons hoop hierdie keer werk Clexanne.

Moreoggend spuit ons die laaste Menopur en more aand 11 uur spuit ons Cetrodide. hoop liewe LUV het nie te veel champagne gedrink op troue sodat hy darem kan dokter dokter speel.

Thursday, March 4, 2010

Als lyk op die oomblik goed!!

Was vanoggend weer vir 'n scan, was so vroeg daar die hekke was nog toe en toe lag ons eers. Want dis nou as jy bang is vir die verkeer!

Ek het nou 4 groot eiers en het vandag begin spuit om die grotes te stop so ons wag vir die paar kleintjies. Dr. is baie seker ons gaan Maandag uit haal, en dan gaan my dr kom ,dan is hy gelukkig klaar gefiets.

So more gaan ek weer en van daar af gaan ons Waenhuiskrans toe vir my vriendin se troue. Eks so bly ek kan dit maak.

Moet se die afgelope oggende was ons so vroeg wakker en Saterdag wat ek af het is dit 'n ...OGGEND TROUE!!! so die hele week is dit vroeg op vir my wat beslis nie 'n oggend mens is nie, is dit erg!

Verder voel ek goed. Suro-sus was vir haar sonar en haar lining is reg. Het lekker gelag toe ek sien die kamerjas van haar hang op die grond( sy is mos net 1,5m)

Het vanmiddag vir haar 'n GOODIE BAG gekoop vir al haar moeite!!! She is a STAR!!!

Sal eers weer Sondag op die blog wees!

Lekker naweek!

Wednesday, March 3, 2010

1st Scan agter die rug!

Was dou voor hoenderkraai al voor die kliniek, want dalk sit ons in die verkeer vas. En vanmiddag was ek OP. Het omtrent van 11 tot 3 geslaap en dis so nie ek nie, maar wat kan ek doen. Eks so MOEG!! moet se ek geniet dit nogal die slapies.

So op my regterkant het ek 2 groterige eiers wat baie nice is en die linker kant ok 2 wat kleiner is en klomp kleintjies. So more oggend is ek weer daar en dit lyk of ons dalk Maandag kan uit haal. Ek is nogal nou ongemaklik en effens seer, maar eks net so bly daars eiers. Hoe meer hoe beter. Suro-sus kry die beste 1 eier en ek die res!! Ek hoop daars om te vries ook, maar dit kon ek nog nooit reg kry nie. My eiers raak ook nou oud!!

Suro-sus gaan ook more saam vir haar sonar, sy is seker so opgewonde hoop ek. Hahahaha!

Die susters was vandag almal so opgewonde en almal is so positief soos al die kere te vore!!
So more is dit weer vroeg op al die kiddies uitsort en dan is ek, LUV en Suro-sus oppad!!!

Tuesday, March 2, 2010

Ons is oppad..dag 7.

Ek sit hier met baie emosies ...en ek sit met NIKS, ZILTS emosies. Dis nou confusing!!!!

Die een kant van kant van my is so opgewonde !!! soos ek in die laaste 2 jaar nie was nie. Ek is opgewonde om weer te kan IVF en SURO daarby is 'n bonus!! Dis so groot dat ek dit wil uitskree vanaf die hoogste berg, ek wil he ieder en elk moet weet hier van, my sussie gaan iets vir my doen wat ondenkbaar groot is. Dit is die grooste geskenk wat ek in my lewe sal kan kry ( of dit werk of nie) net om te kon aanbied om te doen is AMAZING!!!! LOVE YOU SUS!!!

MAAR dan skop die jarelange TTC ( trying to concieved) in, en dit maak my befok#$%$#%, want a.g.v. dit het ek geen emosies. Ek het vir niemand vertel nie ( behalwe dalk 5 mense) want ek weet dit het nie altyd die "happy ending" of die "fluit fluit die einde van die storie" effek nie.
Ek raak nie opgewonde nie, ek is nie bly nie, en dit maak my eintlik vies ,WANT oor iets fantasties!!! moet ek nou NIKS, dood, NUMB, bestaan ek nog ??gevoelings he...EN DIT PISS MY AF!!

Ek wil bly wees en vir almal wat ek ken of nie ken nie vertel van die wonderwerk, ek wil nie weer bang wees elke dag vir wat gebeur en my te moet regmaak vir teleurstellings nie...EN EK WIL NOOIT OOIT WEET BY MY HUIS IN KRAAM GAAN EN DAAR KRAAM NIE !! NOOIT!!!

SO my tasse is gepak.. wag dat LieweLUV moet klaar werk en dans dit Kaap toe. More oggend half 8 het ek 'n sonar by how ever, want my dokter ry fiets!! ( kom van jou fiets af, dr!! ek is oppad) en dan sal ons sien hoeveel follikels daar is, dis altyd interesant want dit voel die een oomblik soos 1 dan weer 10 (so tommorow we will see)

Ek het die keer die baie side-effects op Menopur nie, ek s net baie moeg!! wat 'n lekker side effect is.

Ek sal probeer om gereeld te up-date...MAY THIS STRORY HAVE A HAPPY ENDING XXX

Dankie vir almal wat aan my dink en vir my bid!