Wednesday, May 12, 2010

Ons is sielkundig vol spelfoute??

Ek het eergister ons verslae van die sielkundige af gekry, ons is nou nog vies oor dit wat ons moes betaal het. Ek lees toe daar deur en dis so vol spelfoute en ek praat nie van "is and are" nie.NEE, fatale foute. Foute wat gaan maak dat die hof dink dis 'n grap!!

Suro-sus wat die grooste rol in die storie speel se van is verkeerd. Nie eers dat dit net letter is wat uit gelaat is nie, NEE!! sy het heeltemal 'n ander van. Liewe Luv het ook 'n heeltemal ander werk as wat hy doen, ons bly in 'n straat watse naam ek nog nooit gehoor het nie, en my hele geskiedenis is verkeerd,,ja ver van reg af.

Ek was so vies want dit wys dit wat ek nou mee besig is, Mense aanbid Mammon en is nie daar om jou te help nie. Hulle is gou om jou geld te vat... en dan rammel hulle die verslae af wat hulle 20 minute neem. Die een is nie eers weer deur gelees nie.

Ek moet se as ek die sielkundige is en 'n leek mail my liewe DR Sielkundige jou verslaggie is vol foutjies, dis hof gaan nie tevrede wees met jou werk nie. Sak ek in die grind in weg!!! Ek sal my dood skaam.

Hoe meer mense vir my uitvind, by advokate en prokureurs is almal dit eens " hulle vra te veel geld"!!!! want dis net kontrak werk dis al. Ons is nou besig en dit kom al hoe meer uit dat die maatskaplike werker se verslae nie nodig is nie?? Dis vreeslik interresant!!!

Dit sal vir my so nice wees as ek goedkoper kan weg kom, want dan kan ander mense in dieselfde bootjie as ons ook 'n keuse he van rond shop met pryse en nie net die IF-uitbuitende-mafia gebruik nie. Hou vir my duim vas!!!!

Tuesday, May 11, 2010

Weer 'n tannie

Ek het gister vir die 4 de keer tannie geraak van 'n dogterjie!!! Ek sal haar seker sien oor so 2 weke as ons die naweek plaas toe gaan.

OP die oomblik is ek heeldag besig met mails en oproepe om pryse by prokueurs, maatskaplike werkers, sielkundiges en advokate. Dis soos 'n Mafia!!

en met die is daar so baie van my vriende wat my help en dis amzing, dankie julle almal. Sonder vriende sou ek nerens gekom het nie.

Sunday, May 9, 2010

Moedersdag

Moedersdag!!!! en ek is nog steeds nie een nie......

SO vandag dra ek en dan maar op aan my MA. Sy is baie spesiaal vir my en eks baie lief vir haar.
My MA is so mal soos 'n haas op haar eie planeet... sy het dieselfde haarstyl van sy 18 jaar oud is, dis nou net grys ( so ons as haar kinders kon haar myle ver uitken want sy lyk al die jare dieselfde) Sy kan nie juis naalwerk doen nie maar ruk gou haar masjien vir ons uit, as 'n broek soom moet korter( ons is die juis aan die lank kant nie) Sy maak lekker kos, maar met deur mekaar geit verbrand iets gereeld.

Sy kan nie Nee se nie, ons spot haar al dat sy baie is soos daai hondjies agter in die karre wat se koppe so op en af gaan, altyd ja ek sal dit vir jou doen!

Sy is mal oor blomme!! dis ook haar werk sy kweek hulle. Sy bederf ons altyd met haar-eie-manier-goed,( na al die jare is verjaarsdae steeds snaaks met wat sy ons die keer mee gaan verras.) Jy herken ook altyd haar pakkies myle ver, want dis met ou geskenkpapier toegedraai, gewoontlik met 2 verskillende papiere en daar steek altyd van die geskenk erens uit. Dis regtig snaaks, maar dis soos sy is.

My ma is baie "sports" ons lag altyd!! Sy is altyd "game" vir als en wil alles weet en as ek daar kuier gaan slaap ons gewoontlik baie laat die volgende oggend soos ons chat.

My MA is uniek, eie in haar soort, sy is spesiaal!!!!

Ek MAL oor haar, Ma eks lief vir jou net soos jy is!!! xxxxx
.

Friday, May 7, 2010

Vit B en besluite.

Vir 2 weke is ek nie siek nie , maar ook nie reg nie. Ek kom net nie aan die gang nie en ek bly Af voel. So gister het ekvir my Vit B inspuitings by die Apteek bestel en vir Liewe Luv ook, om ons 2 te "boost" vir die begin van die winter en om my op 'n "roll" te sit.

So vannaand gaan ons 2 mekaar spuit. Luv is nou bang , want ek het hom nog nooit gespuit nie, hy my in teendeel 100de kere. Maar dit gaan nogal vir my lekker wees om hom ook te spuit!! Watch out my Luvvie!! Moet se hy spuit baie nice, dis hoekom ek nie dat hulle my by die apteek gaan spuit nie en liewers hom te voorreg gee. Ek voel so simpel dat ek nie kan wag vir die inspuiting nie, kan nie glo ek se dit nie, but some people do get crazy after a few years!!

Gisteraand het Luv laat by die huis gekom en toe het ons sel gehad, so ons kon nie juis lekker besluit wat ons nou gaan doen nie... omdat ons moet aansoek doen by die hooggeregs hof moet jy nie net die prokureur he nie maar ook 'n advokaat ( ja , jy hoor reg $$$$$$$$$$$) die prokureur gaan so 10 ure besig wees met die aansoek sy fooi is R1500 per uur en die Advokaat R6 000 plus al die ander "crap" so die hele petalje gaan ons soveel kos soo 'n IVF. Dis om van te kots!!

Dis vir my so erg, want IF behandelings is klaar so ommoontlik duur en nou dit ook nog, en my borg gaan betaal vir die Suro/Ivf maar dit ook nog by. Ek weet die wet het tengoede verander, maar ....

"I need to rob a bank"

Ons 2kies gaan nou oor die naweek besluit wat ons nou gaan doen...

Thursday, May 6, 2010

NEE, die nuwe wet!!!


Okay, net soos ons dink ons gaan vorentoe is dit 5 stappe terug!!! Kan dinge nie net reg verloop nie. Na ek by dokter als uit gevind het, vir wat volgende.... bel die suster wat die Surogasie program doen met die volgende nuus!!!!
Ek wou in trane uitbars!!!
Die Suro -,wet het 1 April verander ( en dis nie 'n April fool grap nie, dis for real!) ek het dit so deur die lyne agter gekom as ek goed lees dat die wet verander het, maaar die wet sukkek ook nou al jare om af te kom, en nou dat ons weer wil gaan ,nou is hy hier!!! BAd Luck.
Die nuwe wet: daar moet nou aansoek gedoen by die Hoogeregs Hof ( wat 6 weke neem) jy moet nou 'n "OKAY" van hulle af he voor die kliniek dit sal doen. Dit maak nie saak of ons dit al gedoen het nie, of dit my suster is of wat ook al ons moet aansoek doen.
Dit beteken sekere, want nie almal verstaan Surogasie nie, moet daarmee werk, sekere prokureurs ( en my comminsense se my ,werk met hulle want die hof ken hulle) dit beteken ons moet weer Kaap toe vir 'n dag en ek Haat die Kaap!!!!!
Ek weet ook hoe lank wat dinge veral die hof deesdae in SA. So 6 weke kan dalk langer wees, so ons moet ons seker klaar maak vir die ergste dan is dit dit 'n bonus as dit gouer neem. So Junie/Julie kan dalk Augustus raak...
Kan dinge in die lewe nie net maklik wees nie?????

Wednesday, May 5, 2010

Dokters...dokters gaan ek ooit ontslae raak van hulle


Ek het sopas weer vir my liewe dokter S gemail.( Moet se jy weet jy is te lank op 'n plek ,as jy die dokter se persoonlike nommer op jou selfoon het en uit die teater vir mekaar sms) Sodat ons plan weer uit gewerk kan word. Ek kan dit eintlik self uit werk.
En kan jy glo elke keer het ek weer vrae, die keer sin is gaan kyk in my file, wat 3 mense nou al moet dra, en kyk of ons al vir als getoets het onder son. Dalk kyk ons iets mis.
So nou wag ek vir die antwoord!! Ek kan nie glo ek gaan nou weer nie, gelukkig is Suro-sus by en JA, naamloos sy is 'n ENGEL!!
Ek dink ek het nou finaal besluit ek gaan nie op hou tot ek 40 is nie, daar is nog 4 vrugbare jare oor of so hoop ek. Dalk is ek net 'n Late-bloomer?? wie weet!

Monday, May 3, 2010

Wanneer kom die reen???

Ons het nou al 'n jaar lank droogte en die reen wil net nie kom nie. Die ergste is om te sien hoe alles stadig maar seker dood gaan... My tuin was my stokperdjie, eks mal oor tuin maak en my tuin was altyd so mooi, maar nou haal ek elke maand net nog bome uit wat gevrek het. Tot die bome wat ek geplant het vir my babas het ook gevrek ( dis nogal hartseer).

Ek kon ure buite wees maar die laaste jaar gaan ek nie eers meer uit of stap in my tuin nie want alles lyk aaklig. Ek het ook besluit om nie weer te begin tuin maak tot die droogte nie gebreek is nie, en die damme nie oorloop nie.

Maar laasweek kon nie meer nie en nou het ek 'n paar potte wat ek vol kruie en pancy's geplant het. Eks so trots daar op!!! Ek gaan as dit weer reen maar van vooraf my tuin moet oor doen, en ek sien uit, ietsie nuuts!!

Die laaste week bly ek siekerig en dit sit mens terug want ek het nie krag om iets te doen nie, maar ek het 'n opgewondenheid in my, dis of ek als wil doen. Ek wil my sitkamer oor verf en ons kamer ( besluit nog oor die kleur) en ek begin uitsien na my vlg IVF ( kan jy glo, 2 maande terug se blou merke op my maag is nog nie eers heeltemal weg nie , maar ek kan nie wag nie!!

Aan houer wen!!!