Tuesday, April 20, 2010

Pinacolade op ons super gelukkige 10de!!!!
Ons 2 op die stoep!!!!

Klaar gefacial en nou drink ons Detox-tea


Hoekom wil ek nooit terug wees nie??

Wag vir my spa treatments!!
Ons het gisteraand se kant gearriveer. Maak nie saak hoelank ek al van die huis af was nie ek wil NOOIT weer terug kom nie. Party mense se hulle verlang na hulle huis of bed of "what ever" ek was al 3 maande van my huis af, en moenie fout maak nie eks MAL oor my huis... maar ek wil nooit terug kom nie. BUT I AM BACK!!! het nie my lewe gaan uit sort soos ek wou nie want daar was nie tyd om daaraan te dink nie. Ek begin wel vandag met 'n "heavy" gesondheids plan.


Die week was heerlik!!!!! Die Wilderness was "heaven" eks mal oor die plek dis MOOI!! dis RUSTIG!! daar is intersante MENSE!! Ons het 'n huisie op die duin gehad wat uitkyk op die see en die branders kon jy heel dag hoor. Ons het niks "sightseeing"gedoen nie want ons was al daar. Ons het geslaap, ek het baie gelees, ons het baie lekker geeet!! Daar is vreeslike lekker restuarante. Ek hou baie van koffie shops en eet plekke ( anderse plekke nie die gewone verveilge pine-tafeltjie-plastiekblomme-wit-sout en peper-potjies plek nie) So tussen 5-6 het ons gehaas na die die Blue Olive vir cocktails ( 2 vir die prys van 1) en dan besluit waar om te eet, want dan was ons al skreeu honger want dit was ons 1ste groot ete van die dag.


Met ons 10th anneverse die dag was SPA ( http://www.viewshotel.co.za/) gaan kyk hoe mooi is dit!!

Dit was 'n absolute "best treat ever" Eks 'n special uit-snuffelaar en het op die AD af gekom en toe gebook anders sou ons nooit daarna kon gaan nie. Die plek was al op Top Billing ook.

Jislaaik dis was wonderlik, ons is so getreat en Luv het dit net so geniet. ( ons het baie gelag toe hy disposible undies moes aantrek vir die modder smeer)



Dit voel of ons weke weg was en dan weet jy dit was lekker!!! Ek sukkel nogal om vandag aan die gang te kom. Ek gaan probeer om 'n paar fotos op te sit.


Sunday, April 11, 2010

Ons tasse is gepak...en ons is oppad.


Gisteraand was ons by 'n troue en het laat opgstaan, als is darem nou gepak so ons is oppad vir 'n "break-away" Ek kan nie wag nie, ONS HET DIT NODIG!!


Net om niks te doen, besluite te neem, te lees, te spa, te als!!!


Donderdag wat kom is dit ons 10de Huweliksherdenking!!! ( with out kids) nie die 4 wat ons bitter graag sou wou he nie, maar life is sometimes a bitch!! Gelukkig kan ek bitches " hanteer.


Liewe Luv het die blink idee ( kan dit nog steeds nie glo nie) gehad dat ons , ons troue ringe laat oordoen, WhoooOOO!!!! mens raak mos maar uit gekuier met goed en ek baie gou. So ons het toe vir ons nuwe ringe laat maak en ek is CRAZY oor myne en Luv oor syne. Dis so mooi en dis so ek!!!


So Donderdag is dit ons 10de, ek het Half nege die oggend my jaarlike ondersoek by my Gynie. Al afspraak wat ek kon kry, what an anniversary!!!! en daarna het ek vir ons 'n lekker treat gebook!!



So ons is oppad ek gaan julle almal mis!! maar volgende Dinsdag is ek terug!

Friday, April 9, 2010

Ek het 'n BORG

Goeie nuus, iemand wil vir my betaal vir die volgende SURO/IVF!!!!!!
Die lewe het nog goeie mense, ( of hulle kry jou jammer??)
Dis so nice!!!!! want self kan ons nie dadelik weer gaan nie.
Ons
spaarvarkie lyk soos 'n R20 noot - plat is hy. In teendeel hy lyk nie
eers meer soos 'n spaarvarkie nie.
So dit verander dinge weer onmiddelik in ons lewens. Ons wou gaan meer na die einde van die jaar toe - maar suro-sus wil weer nou ( ek dink sy het vlerke!! sys 'n engel)
Ek moet myself nou net weer ingestel kry. ( dan kan ek weer Suro-sus se 2 kiddies sien, ek mis hulle so baie!)
Die hele ding maak my stapelgek!! want elke keer dink ek "EK KAN NIE WEER NIE!!
en dan doen ek dit weer, so nou begin dit my al bang maak.
Ek begin MYSELF nou al bang maak....WANT EK GAAN NOOIT OPHOU NIE..ek weet dit.
Dis my "personality" ek hou nooit op nie maak nie saak of ek heellaaste kom nie. Soos 'n vriend nou die dag vir my se, van skool af ,maak nie saak wat met my gebeur nie EK DRUK NET MY "RESET" KNOPPIE en dan gaan ek weer aan of niks gebeur het nie.
en dis so waar!!!!!! so tot die dag aanbreek dat ek geen eiers meer het nie sal ek aan hou en aan hou. Ek kan nie besluit of dit goed of sleg is nie.
Ons gaan volgende week weg en sal dan besluit wanneer!!

Wednesday, April 7, 2010

Pofmuis en die Lugballon

Ja, dis ek!! So pas wakker geskrik van die lugballon
Ek's beslis nie 'n oggend mens nie soos julle kan sien. Ek lyk soos 'n POFMUIS!!! Hahahaha!!!
Deur die blare en op ge-POF... toe ons uiteindelik die kamera uit het, het die ballon al amper geland.

Tuesday, April 6, 2010

OP gefees!!!

Ons het gistersaand 22h00 eers by die huis gekom na ons nog 6 uur eers ons laaste show gekyk het. Die hele naweek was heerlik!!!!

Ons het by die niceste plek gekamp van al die 16 kere wat ons al by die fees was. Onder bome, naby die tiolette maar nie op hulle nie. Altyd warm water, altyd oop storte dis was 'n FEES!! en geen jong simpel kinders wat 3 uur as hulle storm dronk terugkom almal irreteer met hulle "koekblik-doef -doef-musiek " nie. Ons het laat geslaap soggens en die laaste oggend toe word ek wakker van iets wat klink soos 'n lugballon. Na 'n ruk spring ek op en daar 40 m bo ons tent is die lugballon!!( ek sal nog die foto op sit)

Die shows wat ons gekyk het was supper cool en baie goed gewees!! AFFRI-FRANS was briljant soos een ou in die KRIT( die fees koerant) gese het....nou kan ek maar stref...so mooi was dit!

Daar was lekker komedie dramas, ek het lekker gelag en nice "one-man-shows" Ons het 8 gekyk en nou kan ek weer die jaar deur gaan op die dal.

Als was nice behalwe ek het gedog ek gaan dood!!!! EK was die hele fees moerse NAAR!! eks nou nog dit was bo en onder die hele tyd. Nie die beste fees-timing nie!!. Die een aand het ek gedink my laaste uur het aan gebreek so sleg het ek gevoel. Dis omdat ek gedihidreer het. Dis die fees waar ek die minste ooit geeet het 3 Engergades en 4 happies kos!! Fees kos het my nie gesien nie

Ek vermoed dis na al die stress en snert wat ek die laaste tyd ge-in het wat my lyf nou laat op pak......HELP!!!!

Volgende week gaan ons vir die week weg net om weer te "RECHARGE"!!!!!

Thursday, April 1, 2010

KKNK


Ek was vir 2 dae weg en gisteraand het pelle en hulle kids hier oorgebly. Lekker gekuier!! Ek liewe Luv gaan slaap mos baie laat in die aand. Vanogggend toe se die man as hy geweet het ons gaan gisteraand so laat slaap!!! toe se ek, man jy kan nou vir die volgende week elke aand 8 uur gaan slaap!! Ek glo nog altyd leef elke minute en moenie altyd 'n roetine he nie. More is dit dalk te laat!!
Vandag kry ek als reg vir die KKNK ek kan nie wag nie, ons ry net na werk. Kan nie wag vir die shows nie dis my lewe!!
So KKNK ons 2 is oppad!!!!! Ek het dit nodig op die oomblik!!