Wednesday, January 20, 2010

Gister het als goed gegaan.

Gister het ons toe weer vir die hoeveelste KI gegaan. Na ek deur my argiewe van al ewige gesukkel gegaan het het ek gesien dat die KI wat gewerk het op Dag 16 en 18 gedoen is wat eintlik baie laat is maar dis wat gewerk het. Omdat my siklus weer eens op die Sondag geval het, het ek vir die dokter ge se Maandag is dag 13 ( wat eintlik dag 14 is) ek het nie juis iets om te verloor nie maar nou wel , die dokter skuif dit toe na dag 14 wat dag 15 is.

Gister toe ons nou daar aankom met die sperm-monster doen die dokter die sonar en daar 3 eiers wat nog nie vry gestel is nie. So dit bevestig net my vermoede em ovuleer eintlik baie later. So ons sal moet sien wat die keer ge beur!!

Ek hoop regtig dis dit...want dit gaan ons duisende rande spaar!!!! So hou duim vas.

Monday, January 18, 2010

Die UNO se laaste "outing"


Tranerige EKKE!!!

Jislaaik maar vandag was 'n erg dag gewees. Ek was so hormonal, emosioneel, tjankerig en van my trollie af. Ek dink dis als wat nou gebeur op mekaar. Ek kon nie meer wag nie en het die suster gebel wat soooo besig was. Als is nou uit gesort en sodra ons die deposito betaal stuur hulle die medikasie so dankiie tog dis uit gesort!!

Verder het ons vandag 'n nuwe kar gekry ... en ek weet die meeste mense sal deur die dak gaan , maar nee ek tjank daaroor. Ek gaan my ou karretjie sooo mis ek huil al die afgelope maand. En vandag toe ons die nuwe een by die garage gaan haal wou ek crack. Ons sit by die verkoopsman en ek sukkel om die trane te beheer. Dis eintlik skreeu snaaks!! en die grap van als is die Kar wwaroor ek huil .....

DIS 'N UNO!!! seker die kleinste karretjie maar ek ry al 10 jaar met hulle en dis of dit die einde van 'n era is.

Enige iemand anders sou uit hulle velle gespring het oor 'n nuwe groter, luukse kar maar ek huil oor my Uno

My hart is so seer.

Kom!!!!! Bel nou!!!

Ek freak uit!! Ek wag nou dat die suster my bel en ek hoor niks. Ek weet daar is baie soos ek wat besig is, maar as jy mos iets wil weet moet dit nou gebeur..DADELIK!!!

Dit seker omdat ek so bang is ons mis 'n siklus, want my suro-sus moet nou voor my begin spuit om haar siklus te stop en vir my wag en nou moet die suster my bel sodat ek die medikasie kan kry maar dit voel vir my as ek bel vergeet almal om terug te kom of hulle is net mis in action!
Dit voel klaar of niks uit reg uit werk met als wat ek aan pak nie. Soos simpel voorbeeld ek koop 'n Poker spel en kry nie Black Jack matjie daar in....Whats the odds???

So sy beter bel of eks vanmiddag op haar Case....

Verder moet ek bieg...ek gaan more vir 'n KI sommmer by my gewone Gyni. Dalk is dit Fools paradise maar dalk werk dit en dan hoef ek nie deur die hele ding te gaan van IVF-SURO nie en dis gaan ons nie 'n magdom geld kos nie.

So may be , may be not!!!!

Thursday, January 14, 2010

Ons het 'n seat op die "rollercoaster" geride!!

ONS KLAAR BLOED GETEK!!!


Jammer ek was so min die laaste tyd by my blog, maar dit voel of als nou gelyk gebeur!! Op mekaar. Ek was besig met my blommer verkope wat nogal baie tyd vat om als gepluk te kry en dan af gelewer te kry, die mense maak my mal. Dan het ek weer begin werk na die vakansie en dan is ek nooit by die huis nie, maar ek is mal oor my werk. Ek dink die mense is die niceste ek LUV ieder en elk van hulle want hulle is so special vir my.


Donderdag het ons toe al die inligting gekry vir die Suro-plan en toe is dit of ek oor gaan in TURBO!!! als wil ek dadelik agter die blad kry, want Suro -Sus wil begin ( weet nie of sy regtig weet dat die goed nie altyd als werk soos mense dit wil he nie maar she will be surprice)


Gelukkig kon ek vir Saterdag toe 'n afspraak kry by die sielkundige wat ons moet sien. Dit was nogal snaaks , want dit was my 1ste keer by 'n sielkundige. So ons is toe ge-evalueer. Sy was vinnig met ons klaar want sy het later nie meer geweet wat om te vra nie en het net ge se ons in baie "happy-go-lucky" ons is fine vir suro!! My Sus was toe gister daar en ek kon net lag vir die vrae en haar antwoorde!!


Maandag het ons gaan bloed trek al 3 van ons , Ek My Luv en suro-sus met haar 3 jarige en die 5 maaande oue baba, dit het baie soos 'n sirkus gelyk!! So ons tick die goed wat gedoen moet word lekker van die lysie af. Die kontrak is geteken en ons fax dit nou-nou.. ons medies is uit gesort ens.


Ek kan amper nie glo wat als gedoen moet word nie, maar dis mos maar hoe goed werk.

Het vandag vir suster F gemail oor ons siklusse so ek wag nou om te hoor wanneer en waar en hoe. Suster F gaan lyk my ons kontak persoon wees. So Buckle up Suster F!!!!


This ride is about to START!!!!

Friday, January 8, 2010

Papier werk..

Gister het die suster by die kliniek my gebel oor die suro-program. Sy het als verduidelik en als deur gemail wat gedoen moet word voor ons begin en al die kontrakte wat geteken moet word. So vandag is ek net besig met al die goed om als gereel te kry.

Ons moet ook almal vir 'n sielkundige evaluasie gaan. Gelukkig gaan ons die naweek by sussie se kinders babysit so ons is daar en die sielkundige kan ons sien Saterdag.

Dit voel nogal snaaks om vir die eerste keer in my lewe na 'n sielkundige toe moet gaan ek weet nie juis wat om te verwag nie.

En Maandag sien ek 'n dieetkundige ek eks so opgewonde net om by iemand uit te kom wat weet wat aan gang is so ek kan nie wag met my "new me programe" for 2010

Ons moet ook almal gaan vir bloedtoetse ens..moet se ek voel baie soos 'n rot wat op 'n medical-trail is.

Thursday, January 7, 2010

2010 !!!! 2010!!!...

Eks terug vir 2010!!! Mag hier die 'n wonderlike fANTASTIESE, opwindende jaar wees!!!!

Die vakansie was so nice , ek het absoluut net mooi niks gedoen behalwe, eet en eet en eet. Ek ken na dese al die eetplekke in Mosselbaai + hulle menu's. So al wat nou oor bly is om weer aan die oefen te kom en dit op sig self is 'n missie op sy eie. Ek kom nie aand die gang nie. Ek staar al vir 3 dae net na als in my huis met geen klue waar om te begin nie, dalk is ek net 'n stadige beginnner gelukkig is ek 'n aan houer!

Die weer was so lekker warm sonder die aaklige wind. Ons het geswem , geboogie bord ( als was seer die volgende dag en ek was vol blou kolle , maar ek gee dit beslis nie op vir al die pret wat daarmee saam kom nie.

Die jaar met ons suro-program wat voorle is baie opwindend.. ons is besig om al die kontrakte, bloedtoetse ens agter die rug te kry. Ek dink suro-sus weet nie regtig wat vir haar voorle nie. Ek hoop regtig sy het hare op haar tande en staal in haar pype!!!

Aaan almal mag julle grootste drome in 2010 waar word!!!! Happy.. Happy!!!