Monday, September 13, 2010

Die week kruip soos 'n slak verby`

Nou dat ek weet die die einde begin in sig raak, voel die week vreeslik lankkkkkk. Na Vrydag toe. So op die oomblik hou ek myself besig met alles wat ek my hande kan op le!!!

Vandag het ek die huis gespringclean, more pak ek en die tuinman( hy moet kom help eks bang daars dalk slange, muise, spinnekoppe ens ens ens) die garage reg. Dis so lank laas gedoen dat ek dink iemand kan dalk daar woon ook. Ons gaan met al die ou verf die plek sommer uit verf ook. So teen Vrydag is hierdie plek van ons weer so goed soos nuut!!!

Tussen deur werk ek, beplan ek en hou my kop aan die rond tol.....

Luv het vanmiddag my 'n Vit B inspuiting gegee, ek probeer nou als om myself reg te kry vir die IVF. Dis eintlik snaaks, elke keer gaan ek aan of dit my 1ste keer is wat ek ivf!! Vra weer vrae, doen die snaakste goed, miskien is dit deel van jarelange sukkel wat dit aan jou doen...jou kop werk nie meer 100 nie!!.

Na ek my huiskonsert Junie gedoen het, moan en kerm die mense wat dit nie gesien het nie aan houdend ek moet dit weer doen!!!!!!! Mens sal sweer eks 'n akteur!!!!! So Maandag aand gaan ek weer konsert hou vir 40 mense in my sitkamer. Die geld gaan ek vir Kansa se Relay of Life gee, ek het 'n span in geskryf vir die 2 de Oktober!!

So dis 'n besige week wat wag!!!!!

2 comments:

  1. Liewe Cstelle♥
    Die week sal jy ook doorkrijgen, lieverd. Ek vind dat so goed met jou huisconsert, jy is 'n geborene aktrise en fotogeniek ook. Ek bid verder vir jou, elke dag.
    Jy mag ook eens iets in mijn Blog schrijven hoor, welkom!
    Baaie lieve groetjes en kisses,
    Jou vriendin,
    Nadja

    xxxxxxxxxxxxxxx

    ReplyDelete
  2. Dankie dat jy aan my dink Nadja!!!

    ReplyDelete