NEE, die KI het nie gewerk nie, so my laaste kans om 'n hele paar duisend te spaar is "down the drain" Jislaaik eks sommer af gepiss!! Maar nou ja gelukkig al gewoond hier aan.
JA ons het vandag dan ook begin met die lang styl pad van SUROGASIE. Eks so donners bang hier voor eks glad nie eers opgewonde nie en dis eintlik omdat ek so donners bang is. Want as ek deur al die grab moet gaan en dit werk weer nie, is my planne OP...
...dan weet ek nie wat ek daarna gaan doen nie. Ek moet altyd 'n ander plan in plek he, dis al wat my laat aan-gaan -en-aan-gaannnnnnnnnnnnnnnnn.
Suro sus het haar medikasie donderdag gekry en ek het die volgende sms gekry." MOET MY NIE DIE VOLGENDE MAAND BEL NIE EK LE MET 'N ASYNLAP OP MY KOP NA EK DIE KLOMP INSPUITINGS GEKRY HET....IS HULLE MAL"
Sy se die suster se dat baie mense kop uit trek as hulle al die stuff sien, ek dink ek sou beslis ook.
So Suro sus het vanoggend haar 1 ste Lucrin inspuiting gehad en volgens die tawwe-tiennie was dit glad nie so erg nie. Ons sal maar moet sien hier na die 50ste 1 of sy nog so voel!!
Sunday, January 31, 2010
Saturday, January 30, 2010
Die Lewe sal mens nooit verstaan nie.
'n Vriendin van my wat kanker het
en moedige haar chemo al vir 4 jaar vat, het
en moedige haar chemo al vir 4 jaar vat, hetdie hele laas jaar chemo gekry wat nie gewerk het nie. Sy is een van die mees amazingste mense wat ten spyte van dit wat haar kant toe gekom het, altyd positief is en ander om haar positief hou.
Ek het vanoggend 'n sms van haar gekry wat sê dat hulle alle behandeling staak want niks werk mee nie.
My hart gaan uit na haar en haar familie, en saam met hulle hoop ek nog steeds vir 'n wonderwerk!!
Hierdie bos blomme laat my aan haar dink...want als aan haar is MOOI en WONDERLIK!!
Thursday, January 28, 2010
Gewig..Huhhh!1
Na ek nou so 2 weke terug by die dieetkundige was , sit ek nou en wonder gaan dit werk of gaan dit nie???? Eks al so gatvol, piss-off en depro oor niks werk nie. Ek wil so graag 'n paar kilo's af wees voor die IVF ( dis 'n woord wat my baie aan 'n horrer movie laat dink) en om daar deur te gaan voel soos 'n hoof-actress play!! en die gelukkige een wat die hoofrol speel is die uwe EK EN JY WAT NIE DIE ROL wil Hê NIE!!!
Ek dink ek voel of ek cmeters af is ,maar ek het ook so 'n groot verbeelding. Eks so 2kg af maar sal eers begin dink dit werk as ek by 5kg verby is.
Ek eet soos die vrou gesê het ( is nou al bietjie verveeld maar ek wil) en ek swoeg!! Ek draf, dis nou eintlik stap draf , maar draf klink mos net meer sportief en ek ry fiets.( dis nou as die weer dit toe laat) en eks elke keer baie bly as ek die sms kry slaap maar aan ons gaan nie ry nie!!
Ek dink daaraan om my weer in te skryf vir iets , want dis al wat my laat oefen. Ek oefen eintlik net om my KOP skoon te kry, WANT HY IS PROP VOL WOL!!!
Vandag voel ek naar ook!! My suro-sus kry haar medikasie vandag , want sy moet Sondag begin en ek dink eks op die begin-pad-van-FREAK!!!!!!!!!!!!

Tuesday, January 26, 2010
Kamer konsert
Ek's mal oor konsert hou en as kind was dit ons heeldag vermaak. Nou self vat dit absoluut niks van ons om te "dress-up' nie.
Ek en 'n vriend van ons praat al die laaste 5 jaar dag ons 2 saam 'n konsert moet hou, na vele aande van lag en 'acting', maar soos die meeste goed bly dit net by praatjies. Tot gisteraand na ons van hulle af gekom het....toe le ek die hele aand en stront uit dink. En nou is ek FIRE-UP.
So die winter gaan ons 'n kamer konsert hou ten bate vir liefdadigheid. Ons gaan vriende nooi vir sop en brood en konsert en die geld skenk.
Eks so opgewonde!!!! nou sal ek moet begin skryf aan 'n stuk!!!

Monday, January 25, 2010
Seer?? ja dit gaan.
My Suro-sus moet volgende Maandag begin spuit. Nou wil sy by my weet of die inspuitings seer gaan wees. Ja dit gaan seer wees, of laat ek se nie so seer, seer as later ongemaklik. Als gaan voel soos bloukolle en jy gaan later nie meer weet waar om te spuit nie.
Dis hoekom ek 100de male vra is jy seker jy wil dit doen , want dis of ek wil skree jys stapelgek, mal soos 'n haas, crazy as can be!! Wie wil dit aan homself doen??? en dan dink ek "ja jy sou sonder om te dink presies dieselfde gedoen het" al was dit hoe erg!!
Wat dit vir my bietjie makliker maak is dat ek die vorige kere ook maande lank elke dag gespuit het en was al daar deur. Want as sy so baie gespuit het en ek het nog nooit nie sou ek dit nie gemaak het nie. Dit voel of iemand anders jou marteling vir jou oor vat.
Ek is weer in my eie wereld, ek wil net slaap en ek weet dis omdat ek wil weg kom uit die rialiteit.

Saturday, January 23, 2010
Moeg geswoeg.
Die naweek is een van die 1stes in 'n langtyd dat ons by die huis bly en ook net omdat ons lysie al hoe langer geraak het met goed wat gedoen moet word..in en rondom die huis. SO van gister aand het ons nog net gewerk. Dis simpel goed , maar ek glo mos as mens nie die goed dadelik doen nie word niks gedoen nie.
Die grootste werk was om 'n watertenk op te sit. Aangesien dit nou droogte is by ons en daar nie meer veel water oor is nie, is dit 'n MOET!! My tuin is daar niks van mee oor nie en dis hart verskeurend, want 2 jaar terug was daar 'n oggend troue in my tuin, kan jy glo!! Nou is daar 'n ronde nul oor. Tragies!!!!
Die tenk op sit was toe makliker as wat ons gedink het, ons like van DIY so ons het hom oor die bure se muur getel, let wel ons 2 en hom gerol tot op sy plek. Liewe Luv het die geute geskuif en die afloop tot in die tenk laat val. Hy het my baie verbaas want dis vreeslik netjies!!!
Nou het ons gestort en gaan le en niks doen nie en dan "Sisters Keeper" DVD kyk. So bring -on-the-tears!!!

Subscribe to:
Posts (Atom)