Saturday, December 19, 2009

Markie, Markie...

Vanoggend dou voor dag is ons deur Vleesbaai toe vir hulle Markie. Ek was 'n 'Virgin-verkoper"
en het nie juis geweet wat om te verwag nie en of die mense ooit my goed gaan koop nie. Maar dis altud nice om vir die eerste keer iets nuus te doen en die MENSE...

So half nege pak ek toe goed uit. Hoofsaaklik gaan ek Jodel lelie blomme verkoop en dan het ek nog groente en kruie plantjies, gift-tags en Kers kruise.
9hoo het die markie begin en net so voor nege verkoop ek my 1ste bos blomme ...en wat hierna volg was mind-blowing!!! Die mense raak mal, besirk, crazy. 9h15 was ek uit verkoop en die markie hou tot 14hoo aan. Ek dink ek kon 100 bosse blomme ook gehad het. So nou weet ek vir volgende jaar.

Moet se die sakgeld is altyd lekker vir die tyd van die jaar. Jare terug kon ek regtig niks verkoop nie maar deesdae verbaas my smous-vernuf my...

1 comment:

  1. Lieftallige Cstelle♥

    Ik ben blij te vernemen dat je marktkraamster en bloemenverkoopster bent. Ik wens je succes met de zaken.
    In Vlaanderen heeft het gesneeuwd,’t is nu echt winterweer, zie in mijn Blog :)
    Baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete