Tuesday, December 1, 2009

Kan dit wees??

Kan nie glo dis die 1 Desember nie, kon die jaar so vinnig gevlieg het?? Lyk my so. Ek het deur 'n 2 jaar dip gegaan - waarin ek net mooi niks gedoen, zero, nul gedoen het. Dis of ek net mooi geen inspirasie gehad het nie.

...en ewe skielik kan ek skaars slaap, want daar is 100de dinge en idees wat ek nou wil en gaan doen. Dis of daar te min tyd is en die tyd van die jaar is daar net te baie dinge aan te gang.

Ek het ook altyd die vriendinne wat altyd iets by hulle huis gedoen wil he. So gisteraand kom ek by een aan en sy is so bly eks daar want sy het net die werk vir my. Dankie tog , dis nie weer 'n bank of muur wat ek moet verf nie. So 9 uur gitseraand hardloop ek op haar kombuis kaste rond om gedigte teen haar muur te kry. Sy is so impress!! en ek dink by myself.... dis weer tyd om aandag aan jou eie huis te gee!!!

Ek dink ook eks besig om myself baie besig te hou, want Maandag sien ek Dr.S en eks te bang om aan die afspraak te dink....dalk moet ek begin met my lysie met al die vrae!!!!

No comments:

Post a Comment