Thursday, December 3, 2009

Mal soos 'n haas

Dis gebeur elke jaar..jaar na jaar. Ek hana hana kry niks klaar nie , het 1000de planne. En dan Desember raak ek

SO MAL SOOS 'N HAAS, gaan tekere soo 'n afkop-hoender, buite myself en act soos iemand op Red Bull ( ek kan nie waag om ooit 'n Red Bul te drink nie dan slaap ek vir 3 dae aan een nie).

Nou skuur ek planke vir rakke in my kombuis, want dit moet nou op ( volgende jaar sal ook goed wees - maar nou moet dit klaar)
Ek spring clean my huis van bo tot onder, links na regs op my eie ( het nie hulp nie)
Ruk my tuin uit mekaar... begin kruie en groente tuine ( Desember vrek als maar net weer)
Besluit dat ek beslis meer geel vark blomme moet teel want ek kan dit verkoop almal soek dit.
Maak my eie gift tags vir geskenke ( wonder of mense dit ooit waardeer)
Verf vir my sussie se kiddies se kamer skliderye ( het die hele jaar tyd gehad maar doen dit nou eers)
Probeer om by al my vriendinne uit te kom vir tee of wyn.
As iemand vra kan jy my help dan is dit voor ek dink, want ek doen mos als voor ek dink...Ja natuurlik!!! net om my eie gat te wil skop want ek het nie TYD nie.

Hoekom doen ek dit aan myself???? want ek so mal soos 'n haas...

3 comments:

  1. Lieftallige Cstelle♥
    Zoveel versta ik, met de haas en de kip zonder kop: Je bent fantastisch!
    Maar een “kombuis” dat versta ik niet, kan je het me beschrijven of in het Engels zeggen?
    Heel veel liefs,
    Je vriendin
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Hi

    I am saying that I am busy putting up shelves in my kitchen. I love doing DIY stuff.

    Have a nice day!!!

    ReplyDelete
  3. Dank je wel Cstelle♥
    Alles duidelijk: Je schuurt dus planken voor rekken in je keuken. Veel succes met al die handwerkerkarweien! Tot volgende keer.
    Veel liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete