Wednesday, December 9, 2009

Dr's Afspraak

Gister was nogal vir my emosioneel uitputtend!!! Het gister aand 7 uur by die huis gestop en 9 uur gaan slaap die vroegste vir my in die laaste 5 jaar.

Ek dink net om elke keer deur die deure van die Infertiliteits kliniek te stap piss-me-off!! Ek het saam met hulle geskuif na die perseel waar hulle nou is , sien die elke 3 jaar dekor veranderinge, sien die nuwe "staff-changing" en elke keer wonder ek wanneer gaan dit die laaste keer wees???

Ons het so vroeg op gestaan om betyds te wees vir die vroee afspraak en suster en die baba van 4 maande was almal saam. Ek het die baba so jammer gekry wat "dou-voor-hoender-kraai' uit haar cot gepluk moes word, vir die ekspedisie. Maar suster is 'n held!

Ek mos weer vertel wat verkeerd gegaan het met die 2ling en dit freak my uit ( en die ergste die Dr weet nie eers dit het by die huis gebeur nie, ek was te laat vir die hospitaal)

Ons het toe almal die uwe EK, Liewe LUV, SUSTER en die BABA + DR ( what a happy groupie)
Dr het verduidelik, ons het vrae gevra, prosudures is verduidelik ens ens ens ens....

So nou moet ons sien wat gebeur dinge kan dalk vinnger gebeur as wat ons dink dalk volgende jaar se begin.

As ons finaal besluit...gaan hulle IVF doen en dan embrios in Sussie en in my sit om 'n groter kans te hê. Eks opgewonde en moerse bang en ek kan nie dink my sussie wil deur al die kak gaan vir ons nie.

Emosioneel is ek OP!!!!!!

1 comment:

  1. Lieftallige Cstelle♥
    Wat ben je moedig en doorzettend, ik bewonder je. Verder zo! Je zuster is een zeer lief mens. Wie is “die Baba”?
    Heel veel liefs.
    Baaie groetjes uit Vlaanderen
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete