Friday, November 27, 2009

Hoekom is mense so ondankbaar???

Daar is seker goed wat ek NOOIT sal verstaan nie net mooi NOOIT, en dit is Infertiliteit en die ondankbare drommels wat saam met jou sukkel.

Na amper nege jaar is my harts begeerte-net 'n baba!! Let wel 'n baba!!! Nie 'n SEUN of nie'n DOGTERTJIE nie, net 'n baba. Want ek het altyd gedink as jy sukkel gee jy regtig nie om wat dit is nie, jy gaan deur soveel drama ( IUI, IVF, GIFT loads of horrible medicine) dat jy regtig nie om gee wat die geslag is nie.

Maar dit is blykbaar nie hoe dit werk nie. Want ek sien dit elke dag, elke liewe dag !!!! Hulle sukkel solank om swanger te raak, jy moet hoor hoe emosieneel dit is, al die trane, die pyn die als bla bla bla bla bla bla..................................................

En die oomblik wat hulle swanger raak, hoop hulle dis 'n dit of 'n dat. En dan wanneer die sonar tyd kom en hulle kan sien wat die geslag is, en dis verkeerde geslag...begin die trane WANT KAN JY GLO!!!!!! dis nie wat hulle wil he nie.

Dis sulke tye wat ek by myself dink jou ondankbare @#$#@@ wat het geword van al jou jare se trauma om 'n kind te kry???????

...en dan wonder ek hoekom kry ek wat enige geslag sal vat nie daai baba nie maar iemand wat nou teleurgestel is oor die geslag raak swanger??? Ek sal dit nooit verstaan nie.

More oggend 6 uur sal ek maar al my woede oor ondankbare mense moet gaan uit hardloop!

No comments:

Post a Comment