Wednesday, November 11, 2009

SURO-SUSTER?????

Ons het Vrydag en Saterdag by my sussie hulle geslaap en Saterdag aand toe ek gaan slaap het , bid ek " Asseblief Here stuur vir my 'n antwoord oor wat ek volgende moet doen...ek wil so vreeslik graag my eie kinders hê. Help my net om te weet wat volgende.

... en daar staan ek Sondag oggend op en my suster sê "Sy wil vir ons iets sê" Sy wil vir ons Surogaat!! Dankie Here vir my antwoord!!!!!

Ek was heel uit die veld uit geslaan , want ek het sopas 'n paar uur gelede gebid en hier kry ek die antwoord. Dis Fantasties!!!!!

Eintlik is ek versigtig opgewonde. Ons het toe daaroor gepraat en hoe voel wie en wat wie dink en 1000000000000de ander goeders. So ek stuur toe gister 'n mail vir my Dr.S en hy bel my net daarna terug ( Ek dink hulle wil seker al skree as ek bel, hulle het seker darem oor al die jare 'n "soft spot" vir my ek hoop bleddie so!! ek het al 1000de $ vrugteloos daar gedeponeer)

So 8 Desember het ek en suster 'n afspraak om dit te bespreek. Ek sal haar net bietjie moet " breef" want sy het so baie voorwaardes en dis nogal snaaks want party is snert maar nou wel binne kort volg die voorwaardes...

3 comments:

  1. Dag Cstelle
    Deze namiddag ben ik eens opzoek gegaan naar Bloggers in Zuid Afrika. Van tweehonderd schenen er mij slechts twee interessant voor mij, daaronder die van jou.
    Ik leef nu bijna 25 jaar in Vlaanderen, zeer tevreden, en ben geïntrigeerd door het Afrikaans. Ik versta halfweg de taal, en hoop dat ge er met het Nederlands ook aan uit kan. Ik kan tamelijk goed Engels, mijn moedertaal is Duits.
    Ik sympathiseer met je pogingen om zwanger te worden, want ik was gedurende elf jaar getrouwd met een man en heb zelf geen kinderen. Ik zie heel graag rondbuikige zwangere vrouwen. Ik nodig je uit om mijn Blog te bezoeken, en zal me zeer verheugen over een woordje van je.
    Veel liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Hi Nadja. Nice om jou op my blog te hê, hoop jy geniet dit!!!

    ReplyDelete
  3. Hallo lieftallige Cstelle♥,
    Zeker! Je mag ook in mijn Blog antwoorden, ik krijg ook graag post ;)
    Baaie groetjes uit Vlaanderen,
    Nadja

    ReplyDelete