Friday, August 21, 2009

As jy val probeer dadelik opstaan anders gaan jy bly lê

Ek dink dis tyd dat ek weer begin met "treatment". September gaan die maand wees..HOOP EK.
Ek begin eintlik nou net goed voel. Eks besig om nou my 1 en 'n half jaar se gewig van die IVF 's af te val en hier gaan ek weer.

Ek oefen my oor 'n mik, want elke keer tel ek so baie gewig op dat ek naar raak daarvan. Wie wil ook nou altyd soos 'n wildtuin olifant lyk veral in 'n goeie jaar. Mense wat my nie ken nie ,sal ook dink ek sit heeldag en koek vreet.

So op die oomblik is ek besig om myself geestelik, emosioneel en fisies weer reg teruk...so hou duim vas.

No comments:

Post a Comment